GLOBEX Internet, Webwerf en Rekenaardiens, sedert 1998. Tel.0867222835

INTERNETDIENS EN WEBWERF-ONTWERP LANDWYD. REKENAARONDERHOUD SLEGS IN GAUTENG.

View our website in your language.

Hoekom werk jou webblad nie?

Indien jy ‘n restourant, sielkundige praktyk, rekenaardienste of ‘n toerisme besigheid bedryf en hoop jou webblad lok kliënte; dink weer!!

Daar is net in Suid-Afrika en volgens Google die volgende webtuistes vir elke bedryf:-

Restourant webtuistes – 1.9 miljoen
Sielkundiges – 86 000
Rekenaars – 3.8 miljoen
Toerisme – 3.3 miljoen

 

Die fout wat meeste besigheidseienaars maak is om te dink dat die goedkoopste webblad ontwerpers in staat is om “perfekte” webbladsye te ontwerp. Maar dit gaan oor veel meer as net ‘n “mooi” webblad.

Die belangrikste funksie vir enige webblad is dat dit deur Google raakgesien en gekategoriseer kan word. Meeste mense gebruik Google om na webbladsye te soek.

Kyk na hierdie lys van belangrike punte en vergelyk dit met jou huidige webtuiste:-

1. 95% van webblad ontwerpers kan mooi webtuistes ontwerp maar is gladnie opgelei om webtuistes soekenjin vriendelik te maak nie. Dit beteken niemand kan jou webblad via Google of Yahoo kry nie.

2. Kan jy sien hoeveel mense jou webblad per dag besoek en watter bladsye hulle die meeste lees? Wat help dit dat jy ‘n webblad het, maar nie weet of enige iemand dit besoek nie? Deur na die statistiek tekyk gaan jy vinnig agterkom wat nodig is om verkope te ginireer. Jy mag dalk vind dat 2000 mense jou webblad per maand besoek, maar jy kry geen oproepe of verkope nie. Dit beteken indirek dat daar fout is met die informasie of die voorkoms van jou webblad wat potensiële kliënte afskrik.

3. Google soek na jou webblad volgens die inligting op jou webblad. Indien jou besigheid Hyundai onderdele in Bloemfontein verkoop, dan moet jou webblad daardie spesifieke woorde noem in die “meta tag” gedeelte van jou webblad. Indien jou webblad korrek ontwerp is en ek as kliënt tik die volgende woorde by Google in “hyundai onderdele Bloemfontein; dan behoort jou webblad op baldsy een of twee op Google te wys. Maar jou webblad sal nie so hoog gelys word indien jy nie ook daardie woorde op meer as een plek noem binne jou webblad nie. Dit is waar artikels uiters belangrik is binne jou webblad.

4. Hoe lyk jou webblad se voorkoms? Het jy soos baie ander mense jou niggie se “boyfriend” gekry om iets aanmekaar te slaan? Jou webblad se voorkoms is uiters belangrik. Wanneer mense jou webblad die eerste keer besoek gaan hulle onmiddelik ‘n opinie vorm oor jou besigheid. Indien jou webblad swak lyk en oningelig voorkom of oor ou informasie beskik, dan sal hulle jou webblad onmiddelik verlaat en dit nie weer besoek nie. Jy gaan tog nie ‘n vuil BMW by ‘n handelaar koop nie, of hoe?

5. ‘n Suksesvolle webblad is nie duurder nie. So jou huidige webblad lyk mooi, maar dit lok geen nuwe kliënte nie. Daar is definitiewe redes daarvoor. Kry ‘n professionele webblad ontwerper wat weet wat aangaan. Ongelukkig is elke 2de eiendomsagent wat nie meer werk kry nie, deesdae ‘n webblad ontwerper so jou soektog mag dalk baie moeilik wees. Gelukkig lees jy nou hierdie artikel en dus kan ons jou definitief bystaan met die ontwerp of heronptwerp van jou webblad. Ons doen dit al vir meer as 16 jaar so ons beskik oor die ondervinding.

In 2012 is die resessie vir meeste besighede ‘n probleem en dit beteken dat jy as eienaar na nuwer en goedkoper metodes sal moet kyk om jou besigheid blootstelling te gee. Pamflette werk nie; kantoor spasie is te duur en baie besighede begin van huise af werk slegs die grootste besighede kan in winkelsentrums ‘n bestaan maak. Aandie anderkant is meeste potensiële kliënte gekoppel aan die internet en doen navorsing op die internet voordat hulle iets koop.

Indien Mev. Jacobs ‘n TV stel wil koop, gaan sy eers op die internet kyk waar sy aanbiedinge kan kry voordat sy ry om dit te gaan koop. Is jou webblad mooi, op datum en beskik oor die nuutste pryse, of is jou webblad lelik, stadig en bied ou informasie? Die era het ongelukkig aangebreek dat besighede aanlyn gaan moet begin handel dryf. En moenie dink jou bedryf is uniek nie. Van tandaartse tot prokureurs en kunsmisverkopers moet deesdae aanlyn wees.

Statistiek bewys dat die meeste mense eers produkte, dienste en pryse aanlyn soek voordat hulle ‘n keuse maak. In die ou dae het mense in hulle motor gespring en na 3 of vier besighede toe gery om kwotasies te kry, maar dit werk nie meer so nie.

Selfs skole, kerke en ouetehuise kan nie meer bestaan sonder ‘n internet voorkoms nie.

Jou besigheid kan slegs suksesvol wees in hierdie tegnologiese eeu, indien jou webblad korrek werk.

Kontak ons gerus by 086 7222 835 of e-pos na info(at)globex.co.za

Ons is professioneel.
Ons is behulpsaam en vriendelik.
Ons is kundig en loop graag die ekstra myl.
Ons is trots op ons werk en ons inspirasie is gelukkige kliënte.

Die www.perskoei.co.za of Perskoei is ook beskikbaar.

 

 

 

Nou kan jy jou eie webblad onderhou…

Benodig jy ‘n webblad vir jou besigheid wat jy self kan onderhou? Ons ontwerp die webblad namens jou en daarna kan jy self inligting administreer, foto’s oplaai en bladsye byvoeg. Ons is al vir meer as 10 jaar betrokke by die ontwerp en uitleg van webbaldsye. Ons spesialiseer in:

- nuwe webbladsye.
- opgradering van oudmodiese en onfunksionele webbladsye.
- “content management systems (CMS).
- ontwerp en installasie van addisionele funksies binne webbladsye.
- die onderhoud van jou webblad.

Ons kan jou ook help om jou ou uitgedateerde webblad ‘n nuwe en meer professionele beeld te gee. Ons help kliënte regoor Suid-Afrika om eers te ontmoet. Ons kantore is geleë in Centurion, naby Pretoria, in die Gauteng-Provinsie.

Kontak ons gerus
by 086 7222 835 vir meer inligting.

‘n Webblad kan jou besigheid maak of breek…

Pamflette werk nie meer so goed nie en koerant advertensies is te duur. Hoe nou gemaak? Kan jy werklik staatmaak op ‘n webblad? Ja, jy kan, maar nie as dit verkeerd ontwerp is nie. Meeste besighede het webtuistes, maar dit werk nie, omrede dit verkeerd ontwerp is. Daar is sekerlik duisende “website designers” wat vir jou die mooiste webblad gaan ontwerp, maar werk jou webblad en bring dit geld in, of is dit net ‘n pienk olifant?

Kontak ons by 086 7222 835 of e-pos na info(at)globex.co.za.

Ons sal jou met feite oorreed…

Ons Is Trots om Afrikaans Te Wees…

Ons besigheid is uiters suksesvol,  ons is Afrikaans en ons is trots op die kwaliteit werk wat ons lewer aan kliënte landwyd. Ons het ‘n magdom verwysings beskikbaar op aanvraag. Kontak ons gerus vandag indien jy kwaliteit diens benodig. Ons is reeds meer as 22 jaar betrokke in die rekenaar en internet bedryf. Ons besef dat elke kliënt uiters waardevol is vir ons bestaan. Ons hanteer elke kliënt as ‘n individue en ons eerbiedig elke kliënt se behoeftes.

Ons is nie net nog ‘n rekenaar en internet maatskappy nie. Ons is trots op ons werk. Kontak ons gerus by 086 7222 835 vir meer inligting.

Maak Jou Webblad Vir Jou Geld Of Is Dit Net ‘n Pienk Olifant?

Meeste besighede het ‘n webblad. Die vraag is net of jou webblad die taak doen waarvoor dit oorspronklik ontwerp is?

Die probleem is egter nie by die eienaar van die besigheid nie, maar wel by die webblad ontwerper wat dit nie korrek ontwerp het nie. Jou webblad mag dalk baie mooi lyk, maar is dit werklik 100% versoenbaar met soekenjins soos Google en Yahoo?  Hier is ‘n voorbeeld om dit beter te verduidelik. Kom ons sê jy het ‘n besigheid wat boekhou dienste bied in Pretoria. As ‘n potensiële kliënt van sulke dienste gebruik wil maak, dan gaan hulle na Google toe en mag dalk soek vir “boekhou dienste Pretoria”. Het jy geweet daar is 1 720 webtuistes wat gelys word? Die potensiële kliënt gaan moontlik deur die eerste twee Google bladsye soek.

Dit beteken dat dit krities is dat jou webblad binne die eerste twee bladsye van Google gelys word.

By Globex ontwerp ons nie net vir jou ‘n pragtige funksionele webblad nie, maar ons maak ook seker dat jou webblad en besigheid die beste sigbaarheid geniet. Hoe meer sigbaar jou webblad is, hoe groter is jou kanse om meer kliënte te werf en dus meer geld te verdien. Kontak ons vandag om jou webblad te verander in ‘n geldmaak hulpmiddel.

 

Goeie diens of laagste prys?

In Suid-Afrika het dit deesdae die norm geword waar kliënte weg beweeg van goeie diens en eerder laer pryse ondersteun. Globex bied uiters kompeterende en markverwante pryse, maar ons sal nie dienste begin lewer wat ons kliënte negatief benadeel nie.

Goeie diens word gelewer deur spesialiste.

Sal jy jou motor deur ‘n onopgeleide

tegnikus laat diens?

Ons weet almal dat swak diens net lei tot frustrasie en ekstra onkostes.

Globex lewer ‘n gewaarborgde professionele diens.

Goedkoop Internet of duur Internet?

Almal wil geld spaar, maar wat gaan gebeur indien jy “goedkoper” Internet probeer kry?:

  • baie laer internet spoed
  • frustrasie omdat jy ewe skielik nie meer internasionale of nasionale webtuistes kan besoek nie.

“Pay peanuts and get monkeys”- Daar is honderde goedkoper pakette maar wees verseker dat jy gaan kry waarvoor jy betaal…

Is jy seker jou data word beskerm?

Die eerste vraag is sekerlik of jy weet dat jou belangrike data op jou rekenaar word beskerm of nie. Kan ons vir jou kom help om ‘n maklike sisteem te skep voor die diewe jou rekenaar steel, of ‘n virus jou data verwoes….

Ons spesialiseer in data rugsteun.

Data verlies gebeur tydens:

  • brand
  • diefstal
  • rekenaar virus
  • foutiewe hardeskyf
  • en nog meer….

 

Registeer jou domain en wen!

Registreer voor 2012 jou domain (www.besigheidnaam.co.za) en wen ‘n gratis webwerf ter waarde van R4500.00 . Ons beantwoord ons fone in Afrikaans. Jy praat slegs met opgeleide personeel wat jou belange op die hart dra. Ons het baie verwysings om te wys dat ons slegs die beste diens bied.

Die gelukkige wenner sal in ‘n trekking op 31 Desember 2011 telefonies gekontak word.