Webblad Ontwerp Pretoria – Globex Internet Services bied webblad ontwerp dienste in Pretoria en Centurion. Webblad ontwerp is die ontwerp van ‘n webblad vir besighede. Webblad ontwerp Pretoria ontwikkel ‘n webblad vir ‘n besigheid sodat die besigheid se produkte en dienste sigbaar kan word op die Internet. Daar is baie webblad ontwerpers in Suid-Afrika, maar watter een kies jy? Almal se pryse en beloftes verskil. Elke besigheid het ‘n webblad nodig om suksesvol handel te dryf in vandag se tegnologiese en kompeterende eeu. Indien jou besigheid nie oor ‘n webblad beskik nie; en jou webblad nie sigbaar is by soek enjins soos Google nie; en jou Google ranglys swak is, dan gaan jou kompetisie wat wel die regte webblad ontwerper gekies het baie beter presteer en groei as jy en jou besigheid. Jou kliënte gebruik al lankal nie meer die “Geelbladsye” om vir produkte, dienste en besighede te soek nie. Meeste kliënte handel op verwysings deur vriende of kollegas; hulle “Smart phones”, “Tablets” en rekenaars of skootrekenaars.

Webblad Ontwerp Pretoria
  • Facebook
  • Twitter
  • Google+
  • LinkedIn
Webblad ontwerp Pretoria

Wat moet jy in gedagte hou wanneer jy ‘n webblad ontwerper benodig?

  • Hoe lank bestaan die webblad ontwerper besigheid?
  • Hoeveel jare ondervinding het die spesifieke webblad ontwerper?
  • Bevat die kwotasie elke punt wat bespreek is; of is die kwotasie onduidelik en nie volledig nie. Dit kan latere probleme veroorsaak.
  • Is die webblad ontwerper bereid om bestaande kliënte se inligting vir jou te gee sodat jy hulle kan kontak as verwysings?
  • Kan die webblad ontwerper vir jou wys dat sy / haar kliënte se rangorde op “Google” baie goed is?
  • Sal jy jou eie webblad kan onderhou nadat die webblad ontwerper dit klaar ontwerp het? Dit word gewoonlik ‘n “CMS (Content management system) genoem; of gaan jy moet betaal elke keer as jy veranderinge aan jou webblad wil doen?
  • Neem hierdie webblad ontwerper leiding om jou van raad en advies te ondersteun; of verwag hy/sy dat jy self oor alles moet besluit?

Daar is regtig geweldig baie punte wat opgenoem en gelys kan word; maar wees tog net versigtig voordat jy blindelings ‘n kwotasie aanvaar of ‘n webblad ontwerper kies. Globex is al sedert 2001 in die bedryf en ons beskik selfs oor ons eie “server”, domain huisvesting fasiliteite en selfs internet koppelingsdienste soos “ADSL”. Ons kan dus ‘n alles omvattende diens bied. ‘n Eenstop diens! Ons het geweldig baie kliënte wie se besonderhede ons graag aan jou sal verskaf sodat jy self kan uitvind hoe hulle ons diens beleef of beleef het. Ek dink alle besighede hou voor dat hulle professioneel, vriendelik en die beste is; maar wat sê hulle kliënte?

Ons kan jou nuwe webblad ontwerp of jou ou webblad ‘n nuwe voorkoms en funksionaliteit gee. Ons het kliënte regoor Suid-Afrika en dit is in meeste gevalle nie eers nodig om persoonlik te ontmoet nie omrede afstande soms te groot is. Ons loop graag die ekstra myl en ons integriteit kan nie bevraagteken word nie. Ons bedien ons kliënte van die beste raad en advies en omdat ons al baie lank in besigheid is; kan ons jou ook van baie goeie besigheidskennis voorsien.

Kontak ons gerus by 086 7222 835 of info@globex.co.za vir Webblad Ontwerp Pretoria

Share This